Bobo’s Brasserie is geleë in Mouille Point en het ’n fantastiese uitsig van die see met natuurlike lig wat in die restaurant stroom.
Die restaurant spog met kontemporêre, sjiek dekor van die welige blomme muurpapier, rakke vol boeke en kleurvolle skilderye to die gemaklike fluweelstoele in kleure van blou, groen en geel.
Ek en Trisha het aanvanklik die Sondagoggend daar naby gestop om by ’n ander restaurant ontbyt te gaan eet. Ons het die mooi muurpapier met die kleurvolle, groot blomme deur die venster gesien en besluit om op pad terug daar te stop vir koffie.
Die spyskaart bied iets vir almal met enigiets van seekos, tot steak, pasta en hamburgers.
Wat het ons bestel?
Ek : ’n Café latté
Trisha: ’n Glas rooiwyn
Volgende keer?
Volgende keer sal ek laatmiddag kom om die sonsondergang te kyk en sommer iets te drinke en te ete bestel.
Om te eet
Botterhoender met salsa en platbrood of ’n pasta (waarskynlik die rigatoni met beesstert ragu en grana padano)
Om te drink
Mango margarita of die waatlemoen G&T, want wat kan nou lekkerder wees as om aan ’n skemerkelkie te teug en uit te kyk op die see?
Besoek Bobo’s vir meer inligting.
コメント