top of page
Writer's pictureMarzanne Schoeman

KOFFIEWINKEL #1 Marilyn’s

“Too much of anything is bad, but too much Champagne is just right.” - Mark Twain


Geleë in die hartjie van Franschhoek is ’n luukse pienk restaurant genaamd Marilyn’s. Van sjampanje tot sushi en oesters - dié plek is perfek vir ’n lekker girls’ day.


Okay, so dis nie eintlik ’n koffiewinkel nie, maar dis so mooi ek kon nie anders as om dit te deel nie. Die restaurant is modern, sjiek en ’n Instagram-paradys. Selfs bekendes soos Ed Westwick van Gossip Girl was al hier gekiek.


Die naam is ’n ode aan die alombekende Marilyn Monroe en foto’s van haar pronk op die mure.


Ek was daar saam met ’n paar vriendinne in die begin van die jaar en ons het onsself tuisgemaak op die pienk fluweel banke agter teen die fokusmuur.



Wat het ek ons bestel?


  • Gekrummelde vis met tjips en ’n bordjie sushi om te deel

  • ’n Pienk jenewer-skemerkelkie vir elk


Volgende keer


  • Aangesien Marilyn’s bekendstaan as ’n sjampanje en oester restaurant sal ek dit beslis volgende keer wil probeer.


Klik hier vir meer oor Marilyn’s.


Klik hier om meer te lees oor my projek om 20 koffiewinkels in 2020 te besoek.

0 comments

Recent Posts

See All

Undef/ne

Comments


arti
zaan

Blom waar jy geplant is | Bloom where you are planted

Lifestyle blog

bottom of page