top of page
Writer's pictureMarzanne Schoeman

2-D Koffiewinkel in Seoul

Vandag se doenlys:


1. Staan op

2. Drink koffie




Inleiding


Cafe Yeonnam-dong 239-20 is ’n intieme koffiewinkel in Seoul, Suid-Korea wat sy deure in 2017 geopen het. Die plek is skaars twee jaar oud, maar dit het reeds die wêreld aan die gons. Cafe Yeonnam-dong 239-20 is uniek in sy soort aangesien dit jou na ’n 2-D wêreld teleporteer. Die hele interieur van die koffiewinkel is wit, maar dit is die swart kontoerlyne om al die wit mure, meubels en selfs koffiebekers wat die koffiewinkel uniek maak en plat laat voorkom - so asof dit ’n 2-D tekenprentjie is.




Wat ek bestel het


Toy Café Latté - Dit is ’n gewone café latté wat bedien word met ’n koekie bo-op wat soos ’n lego mannetjie lyk.


Volgende keer


Vanilla Café Latté


Goed om te weet


Die koffiewinkel is baie gewild (en met rede!) so maak seker dat jy vroeg in die oggend reeds gaan om die skare mense te vermy.




Watter ander unieke koffiewinkels het jy al besoek?

0 comments

Recent Posts

See All

Commenti


arti
zaan

Blom waar jy geplant is | Bloom where you are planted

Lifestyle blog

bottom of page