Intro
Vir hemelse koek en koffie
Ek het dikwels in my eerstejaar by Stellenbosch Universiteit in die middae na klas na The Blue Crane & the Butterfly gegaan. Die eerste keer wat ek daar was, was saam ’n klasmaat, Marguerite Wolfaardt. Ons het appeltert bestel en ek was onmiddellik versot daarop. Dis toe dat ek besef het hierdie koffiewinkeltjie en sy kos bied iets besonders. Vandag is ek dankbaar vir hierdie plek om baie redes - omdat die piesang-en-bloubessiekoek wat Igna vir ons weggeneem het, ons laataand-opstel-tik meer draaglik gemaak het; omdat ek soggens vroeg vriende kon ontmoet vir koffie (en samesyn) en omdat dit deur my studentejare ’n lekker “studiesaal” was toe ek nie meer in die bib wou sit nie. Ja, die plekkie was aanvanklik stil in 2014 toe ek vir die eerste keer op dit afkom, maar oor die laaste paar jaar het dit ontpop in ’n koffiewinkel wat krioel van mense - so dat die tafels al op die sypaadjie gedek word.
Ek sal enigiets op hierdie menu aanbeveel van die varsgebakte croissants tot die (baie lekker) koffie. En daarom het Anica sommer dadelik vir ons ’n bespreking gemaak vir die volgende dag toe ons hoor van die (toe nuwe) koekproe met 'n gratis koffie wat bekendgestel is.
What I had
Koek van links na regs
Appel- & pruimtert
Framboos, Lemmetjie & klapper
Wortelkoek
Sjokolade & Olyf (glutenvry)
Sjokolade, bosbessie & macadamia nougat
Next time
Vir volgende keer sal ek weer my ou gunsteling, bekend as The Quick Bite, bestel. Dit bestaan uit twee patisserie-happies (muffins inkluis) met koffie of tee. Dit is beide bekostigbaar en vullend. Deel dit met 'n vriendin (en bestel net 'n ekstra koffie!) of neem die tweede gebak huis toe vir later.
Good to know
Jy moet ’n bespreking van tenminste 24 uur voor die tyd maak vir die koekproe. Skakel 021 883 2915 vir meer inligting.
Studente van Stellenbosch Universiteit kry op Dinsdae 20% afslag op hul rekening (onthou om jou studentekaart te bring as bewys!)
Die koeke vir die koekproe is nie elke dag dieselfde nie.
For the love of art & tea
ArtiZaan
Komentáře